
=====================================================================
Forum vir openhartige debat (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Forum vir openhartige debat

Ilse Bigalke som kerngedagtes rakende taal op uit vanjaar se prikkelende lesingreeks op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, wat baie 
gebeure sedertdien in perspektief plaas.

DAT Afrikaanssprekendes uitgehonger is vir kaalvuisgesprekke oor die toekoms van hul land en hul taal het vanjaar weer duidelik geblyk uit 
die gewildheid van die lesingreeks wat die tweede keer op die KKNK aangebied is. Feesgangers het in hul honderde opgedaag om te luister wat 
die sprekers oor die tema "Die Suid-Afrika van die Nuwe Millennium" op die hart het, maar ook om met oorgawe aan die debat deel te neem.

Die uitgelese paneel sprekers het ingesluit die filosowe Johan Degenaar en Anton van Niekerk, politieke en ekonomiese analiste soos 
Lawrence Schlemmer, Frederik van Zyl Slabbert, Willie Esterhuyse en Hermann Giliomee, akademici soos Jonathan Jansen, Christa van Louw, 
Christina Landman en Russel Botman, en die sakeman Christo Wiese.

Vanjaar het 'n jonger geslag Afrikaanssprekendes die kans gehad om hul s te s. Onder hulle was die dramaturg Deon Opperman, die filosowe 
Dan Roodt en Johann Rossouw, en die skrywers Sonja Loots, Kirby van der Merwe en Izak de Vries.

Hulle het sonder handskoene ingeklim oor dinge wat pla. Hul bydrae het tot verdere gesprekke in die media en op die internet aanleiding 
gegee.

Een van die twispunte in die huidige debat oor Afrikaans is in die lesingreeks wyd oopgegooi: Hoe moet gehoor gegee word aan Degenaar se 
vermaning dat volgehoue stryd nodig is om te sorg dat die vrye ruimte geskep word om in Afrikaans skeppend, bruikbaar en onontbeerlik vir 
die samelewing te wees?

Giliomee het die bal aan die rol gesit toe hy Afrikaanssprekendes daarvan beskuldig het dat hulle nie die erns insien van die 
taalbedreiging nie. Afrikaans se huidige gunstige posisie is te danke aan die pogings van 'n vorige bedeling.

Aansluitend hierby het Roodt en Wiese betoog teen die gevaar wat die globalisering van Engels inhou. Roodt het beduie dat globalisering 
dikwels in Suid-Afrika as verskoning aangebied word om die land te laat verengels. Volgens Wiese kan Afrikaanssprekendes hul taal in 'n al 
hoe groter wreld en 'n inklusiewe Suid-Afrika laat oorleef deur intelligente, sensitiewe en oordeelkundige bestuur van globalisering en 
inklusiwiteit.

Jansen het sy gehoor se hare penorent laat staan met sy voorspelling dat Afrikaans binne twee of drie geslagte sal uitsterf as drastiese 
stappe nie gedoen word nie. Dit sluit in 'n openbare erkenning deur wit Afrikaanssprekendes van die verdeling wat Afrikaans gesaai het, wat 
die grondslag sou l vir 'n veel brer aanvaarding van Afrikaans. Nog 'n stap sou wees om in skole meer klem op kommunikasie en minder op 
formele grammatika te l -- die taal "kaalvoet" te laat loop.

Opperman het Afrikaanssprekendes (en die ander inheemse taalgroepe) uitgedaag om hul kultuurware -- met inbegrip van die kunstefeeste -- op 
die internet die wreld in te dra om sodoende verswelging deur buitelandse kulture te voorkom en oorlewing te verseker.

Van Louw het betoog dat optrede wat nt Afrikaans probeer bevoordeel, dit juis sal benadeel. Die oplossing l eerder in samewerking met 
ander inheemse tale en taalgroepe om te verseker dat alle tale hul regmatige plek inneem. Daardeur sal Afrikaanssprekendes gemene saak met 
die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners maak en Afrikaans as 'n nasionale bate bevestig.

Loots het 'n vuurwarm bespreking ontlok toe sy ges het optogte oor Afrikaans, die kunstefeeste, 'n eie Afrikaanse televisiekanaal en 'n 
"universiteit tussen die volstruise" kom neer op isolerende gedrag en dat Afrikaans eerder met die ander minderheidstale moet saamstaan.

Van der Merwe het 'n beroep op voorheen benadeeldes gedoen om hul eie stories oor hul apartheid-ervarings te skryf en 'n eie boekebedryf op 
die been te bring. Volgens hom voel talle bruin mense hulle word as touleiers en agterryers in die taalstryd benodig en wil hulle niks 
daarmee te doen h nie.

De Vries het daarop gewys dat die groter klem op individualisme en die feit dat Afrikaans nie meer beskerming geniet nie, meegebring het 
dat die taal veel vryer as voorheen is, asook dat jong intellektuele gedwing word om entrepreneurs te word.

Landman en Rossouw het Afrikaanssprekendes daarvan beskuldig dat hulle hulle aan die openbare lewe onttrek. Volgens Landman trek veral die 
NG Kerk hom weens sy skuldgevoel oor apartheid agter 'n charismatiese bestaanswyse terug, pleks van sy rol as morele agent van die 
samelewing te aanvaar.

In aansluiting hierby het Rossouw ges die begeestering l vandag rondom die internet en rave-partytjies. Daar word vir die verlies aan 
politieke mag vergoed deur te gryp na ander magsvorme, soos geld en godsdiens.

In een van die hoogtepunte van die reeks het Degenaar geargumenteer dat dit die taak van die kultuurgemeenskap is om te stry vir die vrye 
beoefening van sy taal, omdat die staat nie alles kan doen nie. 'n Groot verantwoordelikheid rus op die burgerlike samelewing om te sorg 
dat di vrye ruimte sodanig beskerm word dat 'n taal se skeppende vermo beskryf word as 'n viering van die eie taal.

'n Voorbeeld van so 'n taalviering is 'n gedig waarin Annette Snyman vra vir n dag uit toenterjare, 'n dag vol soetwyn uit Jerusalem ...
 Maak van my so 'n nuwe Pinksterling
 dat ek die taal waarin ek gebore is,
 my eie klank, in elke geelvink en kanarie  hoor;
 by tortels en by kokkewiet se kind
 die ABC van duisend warm woorde vind!


Kenmerkend van die lesingreeks was die bereidheid onder sprekers en gehoor om die groot verskeidenheid standpunte aan te hoor. Daardeur het 
die reeks hom as 'n forum vir 'n openhartige debat tussen Afrikaanssprekendes van alle oortuigings gevestig. Ilse Bigalke is 
hoofverslaggewer van Die Burger, wat die KKNK lesingreeks geborg het. 'n Bundel van die lesings is nou beskikbaar by Hermia Damons, KKNK, 
Seppie Greeff gebou, Voortrekkerstraat, Oudtshoorn. (044) 272-7771; faksnommer: 272-7773. Prys: R49,50 (plus posgeld).

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av734.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

